NCYWG Logo NCYWG

Northern Cape Yellowfish Working Group

Members Only - Slegs Lede

Voorspoedige 2009!

Mag hierdie jaar slegs GROOT visse en klein probleempies oplewer!

'n Hartlike welkom aan on nuutste lede Schalk, Graeme en Pieter.  Vir Schalk Kunz het baie van ons reeds by die Bell's raakgekuier en ons hoop om nog 'n lekker naweek in sy rigting by Boegoeberg te reël.  Graeme Sahling en Pieter Snyders is albei van Kimberley en hulle kontak besongerhede is beskikbaar op die "Buddy Lys".  Nooi hulle gerus saam as daar 'n lyntjie natgemaak gaan word!

Baie dankie ook aan die manne wat reeds vir 2009 hernu het.  Elke sent van die ledegeld is broodnodig om darem gereeld 'n nuusbrief uit te stuur, die webblad te onderhou, asook vir die "kitty" vir die jaareind funksie in November waarvoor die klub en werkgroep 50/50 bydra.

Versoek Aan Lede

Soos almal reeds besef is die lede van die klub nie net van drie provinsies, Noordwes, Noord Kaap en Vrystaat afkomstig nie, maar daar is ook lede uit Gauteng en selfs Australië.  Dit is ‘n groot area om te dek in terme van inligting, gebeure of enige nuusberigte wat ons kan bymekaar maak om vir die lede deur te gee.

Die lede is die klub en ons as komitee is net hier om dinge vir die lede makliker te maak om die fantastiese wêreld van vlieghengel te geniet.  Almal van ons wil graag weet wat aangaan, wie doen wat, wat het waar gebeur, wat se nuwe vlieghengel produkte is daar en enigiets wat jou kan help met hengel.  Om al hierdie redes is dit belangrik dat lede vir ons ook laat weet as daar iets is om in die nuusbrief te plaas.  Al skat jy jou nuus as gering kan dit vir iemand anders baie beteken.  Laat ons weet van uitstappies, as jy kan met ’n paar fotos, of ’n besoek aan nuwe hengel plekke, miskien ’n mooi vis of visse wat gevang is of wat ook al.  Ons soek graag forel hengel nuus.  Vlieghengel by die see is net so welkom!  Ons is besig met ’n databasis om almal in te lig wie al die lede is.  So as jy wil hengel en soek ’n hengelmaat, vind uit by die ander manne wat miskien naby jou bly, wie stel belang, of waar hulle hengel.  As jy ooit in Kimberley is, kom gesels, die deur staan oop.  Het jy ‘n idee hoe om die klub beter te maak?  Laat ons weet, dit is belangrik.  Klaas, Fanie, julle ouens wat die Oranje hengel, stuur weer fotos.

Het jy miskien ’n ou hengel foto wat jy wil ’nuut’ maak?  Selfs ’n ou negatief om ‘n foto van te druk.  Ons sal dit vir die lid gratis herstel.  Dit is net vir hengel foto's asb.

Kontak Etienne of Carl

Membership Renewal Lidmaatskap Hernuwing
It's time again that all members need to finalise payment of membership dues for the 2009 financial year.
We appeal to all members who have not yet renewed their membership to do so by the end of March to prevent suspension of benefits.
Not only does the club need the funds to cover administration costs like the printing and mailing of newsletters, paid up members also qualify for some benefits not available to anyone else:
  • Free entry to Protea Hotel Christiana as day visitor at our official club waters.
    Please note that this is only for paid-up card carrying members and only for the purpose of angling.  You must produce your membership card and valid ID at the gate.
    Family and friends still have to pay the full day visitor fee.
  • Access to private angling venues
  • Access to members only area on our website containing the confidential "buddy list", news and other info, including the full size pictures archive and previous newsletters
  • Free 10mb mailbox on the ncywg domain (your_name@ncywg.co.za)
  • Member discount when attending the annual NCYWG Bell's experience
  • Member discount on purchases at selected angling shops
  • Free membership to the NCYWG

The membership fees for 2009 is R120.00 and must be paid directly into the club's bank account.  The official membership application/renewal form must be completed and submitted to myself via e-mail or fax as shown on the form, together with the proof of payment.
The latest membership form also includes the NCYWG application that must be completed and submitted to qualify for free membership to the working group.
Membership to the NCYWG is voluntary and is only open to paid up club members.

All payments must be made directly to:
Drie Provinsies Vlieghengel Klub
ABSA Bank, Christiana
Account: 913 347 8919

Carl Nel (Secretary & Webmaster)

Dit is weer sulke tyd!  Lidmaat fooie vir 2009 moet assblief voor einde Maart betaal wees om opskorting te vermy.
Ons doen weereens 'n beroep op lede wat nog nie betaal het nie om dit so gou moontlik af te handel.

Nie net het die klub het die fooie nodig om administratiewe kostes soos die druk en uitstuur van die nuusbrief te dek nie, maar opbetaalde lede geniet ook baie voordele wat ander nie beskore is nie:
  • Gratis toegang tot Protea Hotel Christiana as dagbesoeker op ons amptelike klubwater.
    Neem kennis dat gratis toegang slegs geldig is vir opbetaalde lede, slegs vir hengel en 'n lidmaatskap kaart moet saam met geldige bewys van identiteit by die hek getoon word.
    Familie en vriende moet steeds die normale dagbesoekers fooi betaal.
  • Toegang tot privaat hengel areas
  • Toegang tot die "slegs lede" afdeling van ons webblad wat waardevolle inligting soos die "buddy list", nuusgebeure en vorige nuusbriewe bevat
  • Gratis 10mb e-pos spasie op die ncywg web (jou_naam@ncywg.co.za)
  • Lede korting wanneer die jaarlikse NCYWG Bell's vlieghengel fees bygewoon word
  • Korting op aankope by uitgesoekte hengelwinkels
  • Gratis lidmaatskap tot die NCYWG

Die lidmaat fooi vir 2009 is slegs R120.00 en moet direk in die klub se rekening betaal word.  Die amptelike aansoek/hernuwings vorm moet voltooi en tesame met bewys van betaling per e-pos of faks soos op die vorm aangedui aan myself gestuur word.

Die nuutste vorm sluit ook die aansoek vir lidmaatskap aan die werkgroep in, wat voltooi moet word om vir gratis lidmaatskap te kwalifiseer.

Lidmaatskap aan die NCYWG is vrywillig en is slegs oop aan opbetaalde klublede.

Alle gelde moet direk inbetaal word by:
Drie Provinsies Vlieghengel Klub
ABSA Bank, Christiana
Rekening:  913 347 8919

Carl Nel (Sekretaris & Webmeester)